Translations:Forgiving Step by Step/25/af

Op dieselfde manier wat ons aanklagte na ‘n regter neem in hierdie wêreld, kan ons ook sake na God toe neem. Ons hoef ons nie bang te wees om aanstoot te gee nie en kan ons totaal eerlik wees en ons gevoelens openbaar. As ons hiermee klaar is, moet ons laat gaan van al die aanklagte wat‘n ander persoon op ons lewe gehad het en dit in God se hande plaas. Ons gaan nie voort om ander te veroordeel nie, maar laat dit aan God alleen oor.