Translations:Forgiving Step by Step/6/af
Vergifnis is om die keuse te maak om die aanklagte en beskuldigings teen ‘n ander persoon te laat vaar. Ek gee hom/haar oor in God se hande eerder as om self die oordeel te hanteer. Ek vertrou God, wie ‘n regverdige regter is. Dit beteken ook dat ek nie langer die ander persoon se wandade teen hom of haar hou nie. Met ander woorde, aangesien ek reeds met die konsekwensies van sy of haar sonde leef en nie die verlede kan verander nie, maak ek nou vrede daarmee en stel ek die ander persoon vry van sy/haar skuld teenoor my.